Verdagte doodgeskiet wat polisiebeampte glo aanval

Argieffoto Foto: SAPS, Facebook

Argieffoto Foto: SAPS, Facebook

ʼn Vermeende verkragter is Vrydag doodgeskiet toe hy ʼn polisiebeampte naby Pietermaritzburg met ʼn skerp voorwerp aangeval het.

“Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek gelas na die 24-jarige man se afsterwe,” het die polisie in KwaZulu-Natal gesê. Die voorval het in die Bhobhoyi informele nedersetting gebeur. “Die polisie was op soek na die man in verband met ʼn verkragting op 27 Maart 2011 by die Shiyabazali informele nedersetting naby Howick.”

Dit is nog nie duidelik of die polisiebeampte beseer is nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.