Verdagte in hof vir ouditeur se moord

Lawrence Moepi

Lawrence Moepi

ʼn Man van Soweto wat daarvan verdink word dat hy Lawrence Moepi, ʼn forensiese ouditeur, vermoor het, het Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Die saak teen Remember Siphoro is tot 17 Desember uitgestel wanneer Siphoro na verwagting gaan aansoek doen om borgtog.

Moepi (41) is op 18 Oktober in die parkeerterrein van sy kantoor, Sizwe Ntsaluba Gobodo, in Houghton, Johannesburg doodgeskiet toe hy uit sy voertuig geklim het. Hy is glo tot by sy kantoor agtervolg.

Siphoro is op 29 November in hegtenis geneem in verband met die moord.

Moepi was glo betrokke by verskeie ondersoeke en het nou saam met die polisie se handelsmisdaadeenheid en die voormalige Direktoraat van Spesiale Operasies (Skerpioene) gewerk.

Lees ook:
Verdagte vas oor moord op ouditeur
Ouditeur-skiet: Polisie swyg oor moontlike sluipmoordaanval
Direkteur by ouditeursfirma doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.