LookLocal Middelburg berig dat Myburgh, wat as ʼn voorman werk by AJCor by Graspan Colliery, in ʼn geveg betrokke geraak het met ʼn medewerker. Danny Ledwaba is glo gesien hoe hy Myburgh met die vuiste bydam. Hy het Myburgh ook glo met sy harde hoed geslaan waarna hy hom met die skerp voorwerp gesteek het. Myburgh het op die toneel inmekaargesak en is na die hospitaal gehaas. Hy is dadelik na die teater geneem vir interne bloeding. Myburgh is onlangs getroud. Sy vrou, Anine, het vroeër die week op Facebook geskryf: “Woorde kan nie beskryf hoe baie almal se gebede en drukkies beteken nie. Julle is God se engele.” Die polisie soek intussen na Ledwaba in verband met die voorval. Enigiemand met inligting kan die Mhluzi-polisiekantoor kontak by 013 242 1021.
Lees meer hier.