Verdagte steeds soek na aanval by werkplek

Ryan Myburgh saam met sy vrou Anine. Foto: Facebook

Ryan Myburgh (27) sterk steeds aan in ʼn Middelburgse-hospitaal nadat hy Dinsdagoggend deur ʼn medewerker met ʼn skerp voorwerp onder die arm gesteek is, wat sy linkerlong en hart deurboor het.

LookLocal Middelburg berig dat Myburgh, wat as ʼn voorman werk by AJCor by Graspan Colliery, in ʼn geveg betrokke geraak het met ʼn medewerker. Danny Ledwaba is glo gesien hoe hy Myburgh met die vuiste bydam. Hy het Myburgh ook glo met sy harde hoed geslaan waarna hy hom met die skerp voorwerp gesteek het. Myburgh het op die toneel inmekaargesak en is na die hospitaal gehaas. Hy is dadelik na die teater geneem vir interne bloeding. Myburgh is onlangs getroud. Sy vrou, Anine, het vroeër die week op Facebook geskryf: “Woorde kan nie beskryf hoe baie almal se gebede en drukkies beteken nie. Julle is God se engele.” Die polisie soek intussen na Ledwaba in verband met die voorval. Enigiemand met inligting kan die Mhluzi-polisiekantoor kontak by 013 242 1021.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.