Verdagte vas vir moord op JHB-dosent

Prof Carl Mischke. Foto: uj.ac.za

ʼn 29-jarige verdagte is Donderdagmiddag in Kempton Park in hegtenis geneem in verband met die moord op dr. Carl Mischke, ʼn professor aan die Universiteit van Johannesburg.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê verskeie van Mischke se gesteelde klere is in die verdagte se besit gevind. Die man word by die Norwood-polisiestasie aangehou en behoort binnekort in die Johannesburgse landdroshof te verskyn op aanklagte van moord en diefstal.

“Die polisie is nog op soek na ʼn tweede verdagte wat moontlik ʼn medepligtige tot die moord kon wees,” het Dlamini gesê.

Maroela Media het vroeër vandag berig Mischke is Maandag by sy huis in Norwood met ʼn skerp voorwerp doodgesteek. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.