Verdagte vier jaar na moord vasgetrek

ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy sy vriendin doodgemaak het, is amper vier jaar na die misdaad in hegtenis geneem.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, sê die 50-jarige man is Sondag in Sydenham in Durban, KwaZulu-Natal in hegtenis geneem. Die man het glo op 13 April 2009 stry gekry met sy vriendin, Brenda Pillay (38), nadat sy glo die verhouding wou beëindig. Zwane sê die oorledene se suster was by toe die paartjie stry gekry het waarna sy die woonstel verlaat het om die polisie te ontbied. “Toe sy na die woonstel teruggekeer het, het sy haar suster op die vloer gekry met ʼn kussing op haar bors.” Pillay is in die kop geskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.