Biologiese toetse het bewys dat die verdagte wit poeier wat Dinsdag by Sanral se bedryfsentrum in Pretoria aangetref is, nie antraks is nie.
“Altesaam 37 mense moes ontsmet word en is in die hospitaal opgeneem as ʼn voorsorgmaatreël,” het Jamie Surkont, hoof uitvoerende beampte van die Electronic Toll Collection (ETC), die maatskappy wat verantwoordelik is om e-tol in te vorder, Dinsdagaand gesê.
Die kantoorblok is ontruim nadat ʼn “verdagte koevert met ʼn wit poeierstof” op die perseel aangetref is. Die Tshwane gevaarlikestowwe-eenheid is ontbied toe die koevert opgespoor is.
Dit het daartoe gelei dat die elektrisiteit afgeskakel en die gebou ontruim moes word.
Die ontruiming Dinsdag het glo tot ʼn onderbreking in die e-tolstelsel op Gauteng se hoofweë gelei. Vusi Mona, woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) wou nie sê hoe die stelsel ontwrig is nie. “Ons prioriteit is om die veiligheid van ons personeel by die bedryfsentrum te verseker,” het Mona in ʼn verklaring gesê. “Ons beskou die saak as baie ernstig en veroordeel hierdie tipe aksie ten sterkste. Dit kom neer op sabotasie en grens aan ʼn baie ernstige misdaad.”
Howard Dembovsky, voorsitter van die Justice Project SA (JPSA), het die voorval ten sterkste veroordeel.
Dit is nou wragtig net aandag soek die. Hulle sien hulle gaan hul alie sien en nou wil hulle gou n ding op maak dat ons hul jammer moet kry????? Bwwhhaaa ha ha ha. Die aantal wat ontruim is, is sekker net 0 gewees en nie 37 soos hulle se nie. Hulle kan nie eers bekostig om 37 se geld te betaal nie. Maak jul deure vir altyd toe, want julle het n saad geplant wat iewers groei.
Vusi Mona vertel ons wat was dit ….. babapoeier? Julle is n lot nare om die minste daarvan te sê.
” …. “Ons beskou die saak as baie ernstig en veroordeel hierdie tipe aksie ten sterkste. Dit kom neer op sabotasie en grens aan ʼn baie ernstige misdaad.” nou Vusi niemand het gese julle moet weghardloop nie. Dis julle eie dom besluit net soos die e-tol stel … Dom stelsel pas by dom mense!
Was dit dalk poeiermelk? Sal daarvan hou om te weet wat dit was. ;-)
Gie gie AmY ek nie daaraan gedink!! :-)
Hierdie poeier is dalk nog “geplant” deur Sanral werknemers – klaar nie lus vir hierdie sirkus waarvoor hulle werk nie…