Verdagtes in hof vir Richmond-plaasmoorde

Argieffoto

Argieffoto

Drie mans wat Dinsdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem is vir die moorde op Eckard Schütte (76), sy vrou Elizabeth (65) en hul seun Lutz (33) op hul plaas, Springfield naby Richmond, verskyn Woensdag in die dorp se landdroshof.

Kol. Jay Naicker, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê ʼn gesamentlike ondersoek tussen die Richmond-polisiestasie, misdaadintelligensie-eenheid, die polisie se honde-eenheid, die Valke en Magma Security het tot die inhegtenisname van die drie verdagtes gelei. Hulle is omstreeks 04:00 in Sweetwater in die Elandskop-omgewing in hegtenis geneem.

Maroela Media het Maandag berig die slagoffers is vermoedelik met ʼn panga en klippe aangerand, waarna hul liggame aan die brand gesteek is. Eckard sou Sondag sy 77ste verjaarsdag gevier het. Lutz het spesiaal uit Duitsland gevlieg om sy pa te kom verras. Sy ma het hom Saterdag by die lughawe gaan haal en met hul tuiskoms het die moordenaars hulle ingewag. Eckard was vermoedelik toe reeds vermoor.

Lees ook:
Polisiekommissaris “bly” oor arrestasies ná Richmond-plaasmoorde
AfriForum: ‘Gru-moorde kan toegeskryf word aan regering se stilswye’
Richmond-plaasmoorde: Oorledenes se name bekend
Richmond-plaasmoorde: Gesin se liggame aan die brand gesteek
Plaasmoord: Bejaardes en seun doodgeslaan

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.