Verdagtes in Kolver-aanval bly in aanhouding

Pieter en Elsa Korvel. Foto: Facebook

Lebohang Molawa (28) en Johannes Taaibosch (31) het Maandag in die Bloemfontein-landdroshof gehoor dat hulle polisieaanhouding sal bly tot 8 Februarie, wanneer hulle formeel vir borg sal kan aansoek doen.

Molawa en Taaibosch is in hegtenis geneem vir die aanval op Pieter (58) en Elizabeth (55) Kolver op 19 Januarie vanjaar. Die egpaaris op hul kleinhoewe in Bainsvlei naby Bloemfontein aangeval.

Maroela Media het vroeër berig Pieter is twee keer geskiet en minstens 11 keer met ʼn mes gesteek. Elsa is met ʼn staalpyp en vuurwapen aangerand. Haar regterbeen en neus is in die aanval gebreek. Die twee mans het die egpaar vasgebind en ʼn matras oor hulle gegooi. Twee vuurwapens en ʼn kluis is tydens die voorval gesteel. Die egpaar sterk in die hospitaal aan.

Ao. Zweli Mohobeleli, ʼn polisiewoordvoerder van die Vrystaat, het gesê die aanvallers is Vrydagaand omstreeks 23:00 ná ʼn intensiewe ondersoek deur die polisie se georganiseerdemisdaad- en taktiesereaksie-eenheid in hegtenis geneem. Albei is in Mangaung vasgetrek. Die gesteelde vuurwapens en ‘n kluis is in hul besit gevind.

Molawa en Taaibosch word aangekla van roof, diefstal, huisinbraak en poging tot moord..

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.