Verdagtes steeds soek wat gesin martel tydens plaasaanval

Die polisie in KwaZulu-Natal sê hulle soek steeds na vyf mans wat glo ʼn gesin op ʼn plaas naby Cramond oorval, beroof en met kookwater gemartel het.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. Joey Jeevan, sê ʼn reuse soektog is gelas en dat hulle ‘n goeie span speurders het wat aan die saak werk. Die gesin – ʼn oupa, ouma, ma, pa en kind – is Sondagaand aangeval nadat een van hulle gesien het hoe die mans op die plaas aankom. Toe hy die deur oopmaak om ondersoek in te stel het twee gewapende mans hom oorval en die huis binnegegaan. Die drie ander gewapende mans het ook die huis binnegegaan en kontant, die sleutel se kluis en vuurwapens geëis. Jeevan sê een van die mans het water gekook en dit op die gesin uitgegooi, insluitend ʼn 2-jarige kind. Die verdagtes het juweliersware, ʼn 9mm pistool en ʼn groot bedrag kontant gesteel. Hulle het van die toneel gevlug in ʼn goue Toyota Run X met vervalste GP-nommerplate.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lome4 ·

Dit maak mens siek om die goed te lees. Maar n opmerking aan die beriggewende joernalis..dis seker nie die beste ou werkie wat ek vandag gelees het nie, as n MM intekenaar beskou ek myself as geskool en ge-artikuleerd (soos ek glo baie ander). Waarom die swak, deurmekaar skryfstyl..gee bietjie meer aandag ou maat:-(

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.