Verdere getuienis in ‘Modimolle-monster’-saak

Johan Kotze Foto: thenewage.co.za

Waarskuwing: Die berig bevat grafiese besonderhede en is nie vir sensitiewe lesers geskik nie.

Conrad Bonnette, stiefseun van die sogenaamde Modimolle-monster, Johan Kotze, het aan verskeie skietwonde gesterf, het die Pretoriase hooggeregshof Maandag aangehoor.

Dr Camillus Molulu, patoloog van Bela-Bela, wat die nadoodse ondersoek op die 19-jarige Bonnette uitgevoer het, het getuig dat hy ‘n skietwond in sy een knie en wonde aan sy kop en bors gehad het. Die skoot in sy kop het hom regs deur sy boonste lip getref, is deur sy brein en het links bo in sy skedel tot stilstand gekom, vanwaar skrapnel verwyder en aan die polisie oorhandig is.

Die borswond het hom regs deur sy bors getref, is deur sy longe en hart en het in die linkerskouerspier tot stilstand gekom.

Volgens Molulu was beide dié wonde noodlottig.

Die kopwond sou Bonnette se onmiddellike dood besorg het en die wond in sy bors sou sy dood binne ‘n paar minute veroorsaak het.

Beide skote is verder as 60cm afgevuur, aangesien daar geen geweerskootstof naby die wonde aangetref kon word nie. Die twee noodlottige wonde is beide van ‘n laer vlak af opwaarts afgevuur, terwyl die knieskoot van bo af gevuur is.

Kotze, Andries Sithole, Pieta Mohlane en Frans Mphaka word van die moord op Conrad Bonnette aangekla en die ontvoering, herhaaldelike verkragting, aanranding en poging tot moord op Kotze se vervreemde vrou, Ina Bonnette.

Ina het verlede week getuig dat Kotze beide haar tepels tydens ‘n uitgerekte martelsessie afgesny het en dat sy medebeskuldigdes haar hierna om die beurt verkrag het. Sy kon hoor hoe Conrad om sy lewe gepleit het voordat sy die drie skote gehoor het.

Lt.kol. Carin Botha, DNA-kenner, het getuig dat geen semen of DNA op enige monsters wat van Ina geneem is, gevind kon word nie. Botha het getuig dat daar verskeie redes is waarom semen nie op die slagoffer of enige ander bewyse gevind kon word nie, insluitend dat die slagoffer urineer het, die vermeende verkragter ‘n kondoom gebruik het of dat geen seks plaasgevind het nie. Die periode wat tussen die voorval verloop het en die monsters geneem is, kon ook ‘n rol gespeel het.

Kotze se drie medebeskuldigdes beweer almal dat hulle seks met Bonnette slegs simuleer het, aangesien hulle bang was dat Kotze hulle sou doodmaak, maar hulle het haar nie verkrag nie, want hulle kon nie ereksies kry nie.

Die verhoor duur voort.

Lees ook:
“Hulle kon haar nie verkrag het nie”
‘Modimolle-monster’ erken hy het seun geskiet
‘Modimolle-monster’: “Dit is nie in my aard om iemand seer te maak nie
‘Modimolle-monster’: “Ek het Ina probeer beskerm”
‘Modimolle-monster’ het glo oor kanker gejok
‘Modimolle-monster’: Ek het jou lief daarom martel ek jou
“Hy het my kind vrek geskiet”
‘Modimolle-monster’: Vermoorde seun se vriend getuig
‘Modimolle-monster’ weier om te pleit
‘Modimolle-monster’: Ina sal moontlik eerste getuig
‘Modimolle-monster’: Verhoor begin
‘Modimolle-monster’ geskuif ná selmaats kla
‘Modimolle-monster’ geskik vir verhoor
‘Modimolle-monster’ weer agter tralies
‘Modimolle-monster’ bly langer in Weskoppies
‘Modimolle-monster’: Saak uitgestel, alle name nou bekendgemaak
‘Modimolle-monster’: Nog twee verdagtes verskyn in hof
‘Modimolle-monster’: Vierde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Derde verdagte vas
‘Modimolle-monster’: Vervreemde vrou vertel
‘Modimolle-monster’: “Ek wou haar net klein bietjie seermaak”
‘Modimolle-monster’: Hoe hy vasgetrek is
‘Modimolle-monster’ uiteindelik gevang

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.