Verdrinking: 7-jarige se liggaam gekry

Dale Eastland, die 7-jarige seuntjie wat verdrink het nadat hy Woensdag in ʼn rivier geval het, se liggaam is opgespoor.

Dale het saam met ʼn maatjie langs die Elsieskraalrivier, in Kaapstad, gespeel toe hy gegly en in die rivier geval het. Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van die stad Kaapstad se nooddienste, het Donderdag gesê die rivier het sterk gevloei en die seun is deur die stroom meegesleur.

“Ons duikeenheid het Woensdag na die seun begin soek. Die soektog is egter vroeg Donderdagoggend gestaak weens swaar reën, slegte sigbaarheid en omdat die stroom te sterk begin vloei het. Die soektog is later weer hervat,” het Solomons-Johannes gesê.

Eastland se liggaam is Vrydag omstreeks 10:00 naby Athlone gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.