Verdrinkingslagoffer se sussie op sy 3de verjaarsdag gedoop

Die tweejarige kleuter, WJ Pike wat verlede jaar Desember tragies in sy ouers se swembad verdrink het, se sussie is Sondag op sy derde verjaarsdag gedoop.

Die doop van klein Mienke was ‘n emosionele ervaring vir die familie en lidmate van die Hervormde Kerk Bloemfontein. WJ was ses dae in ‘n koma ná hy onverklaarbaar in die omheinde swembad beland het terwyl sy ouma wat toesig gehou het, net gou vir Mienke ‘n bottel gegee het.

Kort ná WJ se dood het Annemarie Pike, WJ se tante, op haar Facebook-blad geskryf: “Ons pragtige WJ! Liewe Jesus het jou kom haal. My skat, kyk mooi na jouself daar bo en rus in vrede Tannie se engel! Ons sal jou altyd onthou en ons is lief vir jou! Christo en Madelein, baie sterkte julle twee. Ons dink aan julle. Julle was wonderlike ouers vir die pragtige seuntjie.”

Die doop is deur dr. Johan Nel behartig, in dieselfde kerk as waaruit WJ kort voor Kersfees begrawe is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.