Gomez Cincuengui (58) van Uruguay is erg ontwater en 20 kilogram ligter, maar lewend gevind nadat hy vier maande gelede in die Andesgebergte vermis geraak het.
Cincuengui se beproewing het op 11 Mei begin toe hy per motor van Argentinië na Chili gereis het. Nadat sy voertuig meganiese probleme ondervind het, het hy besluit om te voet verder te reis. Ná twee sneeustorms het hy sy oriëntasie verloor. Sy vrou het hom as vermis aangegee nadat sy na ‘n week niks van hom verneem het nie.
Hy het aan die lewe gebly danksy suiker, rosyntjies en kos wat hy in berghutte gekry het. Hy het ook rotte geëet wat hy met ‘n selfgemaakte wip gevang het.
Die Argentynse grenspolisie het hom Sondag gevind en gesorg dat hy mediese behandeling kry. Sy toestand is egter as goed beskryf.
Voorwaar n “survivor”
Die WIL om te oorleef was daar