Drie mense is dood en 12 beseer nadat ʼn voertuig en ʼn minibustaxi Donderdagoggend in Vereeniging in Gauteng gebots het. Die ongeluk het op die Ou Johannesburgpad in Roshnee plaasgevind.
“Dit is nog nie duidelik hoe die ongeluk plaasgevind het nie, maar die taxi en voertuig het gebots en drie persone is op slag dood. Drie mense het kritieke beserings opgedoen en nege is ernstig beseer,” het Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Die beseerdes is op die toneel behandel en gestabiliseer, waarna hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.
Padreëls is vir die voëls.