Vereeniging-landdros sterf in huisbrand

Argieffoto

Argieffoto

Annatjie Pretorius, ʼn 56-jarige landdros van Vereeniging, het Maandagoggend in haar huis doodgebrand nadat sy deur diefwering in haar slaapkamer vasgekeer is, het Beeld Dinsdag berig.

Pretorius het aanvanklik in die vroeë oggendure hulp ontbied oor haar gemeenskappolisiëringforum se radio.

Haar bure en vriende het haar te hulp gesnel en het tevergeefs probeer om die vlamme met ʼn tuinslang te blus voordat die brandweer by die toneel opgedaag het.

Graham Swanepoel, Pretorius se buurman, het gesê die vlamme was so erg dat niemand by die huis kon ingaan nie.

“Die brandweer moes sowat vyf minute lank met ʼn groot hamer teen haar slaapkamer se diefwering kap in ʼn poging om dit te breek,” het Swanepoel gesê.

Volgens Hannes Steyn, hoof van die plaaslike brandweer, dui ʼn voorlopige ondersoek dat daar moontlik ʼn elektriese probleem in die huis was en dat die vuur deur ʼn kortsluiting veroorsaak is.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Trippie ·

Ek verag hierdie regering MEER EN MEER by die dag !

Dis omdat ons in tronke moet bly !

So ontstellend om dit te lees … ek dink aan haar geliefdes, dis die een sterfte wat die naasbestaandes seker altyd sal bybly … wanneer mens so wreed, magteloos aan jou einde kom.

Willy ·

Hierdie is so ‘n hartseer gebeurtenis. Dié wat gehelp het, julle word gesalueer.
Sterkte aan die naasbestaandes, familie en vriende. Aan julle word gedink.

JAVR ·

Dit moet die verskriklikste wees as jy iemand probeer help en jy slaag nie daarin nie en sien al die dinge gebeur voor jou oë! O genade dis verskriklik erg. Dit is omdat ons gevangenis is in ons eie wonings!

Justi ·

Goeie more almal! Ja dis erg. Die arme vrou het uit vrees haar huis in n tronk moes verander omdat die krimenele vrylik rondbeweeg en niks met hulle gebeur as hulle verkrag, roof en moor nie! Die land is beslis in een groot gemors gedompel! Die regstelsel het die mense in die land al lankal gefaal. Sterkte vir die familie van die oorledene en dankie vir die wat probeer help het.

Justi ·

Persoonlik sal ek n vlamme dood verkies as om verkrag, gemartel en so erg verneder te word deur kriminele. Die dat my huis ook n tronk is. Eerder dit as die kriminele elemente daarbuite se wreedheid. Nerens maar nerens voel mens meer veilig nie.

JAVR ·

Ja jy kan so reg wees want hulle doen dit mos as iets nie volgens hulle wil is nie!

Amy ·

As sy nie in ‘n tronk gebly het nie, sou sy beslis kon uitkom. Ek HAAAT die klomp wat ons land regeer.Hulle voel nie ‘n dooie duit vir ons nie. (wit en swart) Hulle moet ons dien, maar hulle verryk hulself met ons belastinggeld, en dan moet ons boon-op ekstra opdok vir ons eie tronke wat ons in bly, en waaruit ons dan nie kan ontsnap as daar ‘n brand uitbreek nie. Ek is so bly ek hoef nie eendag rekenskap te gee hieroor nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.