Verffabrieke in ligte laaie

Twee brande wat vroeg Saterdagoggend by fabrieke in Klipriviersoog-landgoed naby Eldoradopark in Soweto uitgebreek het, is nou onder beheer.

“Die brande is nou onder beheer. Brandbestryders is steeds besig op die toneel,” het Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, gesê. Dit is onbekend hoe die brande ontstaan het. Die brande het Saterdagoggend omstreeks 01:00 by die verf- en verfverdunnerfabrieke in Kimberley en Cavendishstraat uitgebreek. “Twee mense is vir rookinaseming behandel, maar geen ander beserings is aangemeld nie,” het Mulaudzi bygevoeg.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.