Vergifnis vir aangenome seun wat moor

Foto: Facebook

Dorothea Brits (59) het self ernstige beserings opgedoen in die aanvalFoto: Facebook

Dorothea Brits (59), die weduwee van ds Willem Brits wat in November verlede jaar deur hul aangenome seun vermoor is, het vandag gesê dat sy die seun vergewe het, maar dat hy steeds die gevolge van sy dade moet dra.

Martin Brits (28) en Elliot Mhlambi (41) het vroeër erken dat hulle ds. Brits en sy skoonseun, Gerhard Vermeulen op 8 November verlede jaar in Harrismith vermoor het.

Mev. Brits, wat self op die noodlottige dag ’n slagoffer was en baie ernstig beseer is, en Gerhard Vermeulen se ma, het vandag in die hof in Harrismith getuig. Mev. Vermeulen het getuig dat haar seun bloot op die verkeerde plek op die verkeerde tyd was en dat daar geen rede was om hom te vermoor nie.

Brits en Mhlambi staan tereg op twee klagte van moord, een van poging tot moord en gewapende roof terwyl Mhlambi ook van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie aangekla is.

Die twee sal na verwagting Donderdag gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

leon ·

Hoe kan n kind n ouer vermoor wat hom aangeneem het toe hy geen heenkome gehad het nie vermoor. Hys laer as slang sleepsel. Ek sou sy kop vermorsel het as hy een van my ouers leed aangedoen het. Maar niemand vrees meer die tronk nie want dis 5ster verniet blyplek.

Peter Se ·

Mev Brits, ek haal my hoed af vir jou, n mens moet vergewe anders vreet dit jou op, maar vraag is , kan n mens ooit vergeet. Sterkte STERK dame.

AmY ·

Mev Brits, ek haal my hoed af vir u. Ek weet nie of ek so maklik sou kon vergewe nie. U is ‘n voorbeeld vir ons almal. U sal eendag u man weer sien. Sterkte vorentoe, en ons almal bid vir u.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.