Verhoging van R45 miljoen vir regering

Zuma. Foto: GCIS

Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma het ʼn salarisverhoging van R45 miljoen vir die regering goedgekeur, berig die Sunday Independent.

Die 5%-verhoging is vir die 2013/2014 finansiële jaar en is vir Zuma se uitvoerende gesag, premiers en verskeie ander provinsiale en parlementêre regeringsbeamptes. Volgens die koerant se berekeninge sal die salarisverhoging, wat op 3 Januarie deur Zuma onderteken is, sowat R45 miljoen beloop. Adjunkpresident Kgalema Motlanthe sal glo ʼn bykomende R118 000 kry terwyl Max Sisulu, speaker van die parlement, sowat R100 000 meer sal kry. Premiers sal ʼn verhoging van sowat R94 000 kry, volgens die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ria Maritz ·

Presies my gedagtes ook !

Dis regtig ‘n verdomde skande, of nee, liewers diefstal van die belastingbetaler se geld.

Brenda ·

Maak dit sommer onbeperkte salarisverhogings!!! Vat wat julle wil he…julle doen dit in elk geval!

Desirè Joubert ·

En hulle maak lekker skatte op aarde bymekaar,ten koste van miljoene armes.

Rieks ·

Ja ou Zumpie – nog net een jaar vir jou om hierdie lekkergoed trein te ry so jy moet seker vir jou “aftrede” sorg! Mag julle daardie onverdiende geld sommer in ‘n oogwink verloor en besef dat daar ‘n groter prentjie is as die een wat by jou sak eindig!

Meisie ·

Kan nie verstaan dat daar nog hoegenaamd mense is wat vir die anc stem nie….. Genade kan hulle nie besef wat aangaan nie!!! zuma wil net verseker dat hy en sy hele gespuis goed in die geld sit die dag wanneer hulle uit daardie stoel gelig word….. Hoe lank dit gaan vat en hoeveel geld hulle van die arme gewone mense gaan steel, sal afhang van die onnosel goed wat nog bereid is om hulle te help,ten koste van hulself en hul kinders!!!

petro ·

Onthou net, as Zuma uit is, gaan hy maar net weer vervang word met n onbevoegde ‘leier’!!!!! Net die Here kan ons ou landjie red!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.