Verhoging vir huishulpe

Die minimumloon vir huishulpe sal in Desember effens verhoog word.

Die nuwe verhogings in groot stede sal verskil van dié in kleiner dorpe, het Page Boikanyano, woordvoerder vir die departement van arbeid, Maandag gesê. Die tarief vir huishulpe wat minder as 27 uur per week werk word in groot stede van R9.85 na R10.48 verhoog; van R165.94 na R285.62 per week en van R1 152.32 tot R1 237.60 per maand. Huishulpe wat meer as 27 uur per week werk sal ‘n verhoging van R8.34 na R8.95 per uur ontvang; van R375.19 na R402.96 per week en van R1 625.70 tot R1 746 per maand.

In kleiner dorpe behoort huishulpe wat meer as 27 uur per week werk die nuwe tariewe van R7.65 per uur, R344.30 per week en R1 491.86 per maand ontvang. Diegene wat minder as 27 uur per week werk, moet R9.03 per uur ontvang, R243.83 per week en R1 056.35 per maand.

Dié nuwe tariewe tree op 1 Desember in werking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.