Verhogings vir plaaslike regeringsbeamptes kos R90 miljoen

geld 3ʼn Vyf persent verhoging is vir plaaslike regeringsbeamptes in 278 munisipaliteite goedgekeur en sal die belastingbetaler sowat R90 miljoen uit die sak jaag, berig Sunday Times.

Die uitvoerende burgemeesters van die land se agt metropolitaanse munisipaliteite wat meer as R1 miljoen per jaar verdien sal ook verhogings kry. Die bepalings van die salarisverhogings is verlede week deur Lechesa Tsenoli, minister van koöperatiewe regering, gepubliseer. Die salarisverhogings vir raadslede sluit onder meer versekering in vir indien hulle gedurende oproer aangeval sou word. Dit kom nadat president Jacob Zuma vroeër R45 miljoen se verhogings vir ministers, premiers en LP’s goedgekeur het ten spyte van ʼn voorstel dat regeringsbeamptes wat meer as R1 miljoen per jaar verdien nie ʼn verhoging kry nie. Voorsitters van komitees by die land se kleinste munisipaliteite sal ʼn minimum jaarlikse salaris van R439 546 ontvang terwyl burgmeesterkomiteelede in die grootste munisipaliteite ʼn maksimum salaris van R883 158 sal ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.