“Verjaarsdagverkragter” sit lank

Mlungisa Mtshali Foto: Raymond Preston

Mlungisa Mtshali Foto: Raymond Preston

Die sogenaamde “verjaarsdagverkragter” Mlungisa Mtshali, is Vrydag in die Johannesburgse landdroshof 39 lewenslange vonnisse opgelê vir 39 verkragtings, het die SAUK berig.

Hy is ‘n verdere 212 jaar gevonnis vir die meer as 70 bykomende klagtes van seksuele aanranding, ontvoering en diefstal. Die lewenslange vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.
Mtshali is die “verjaarsdagverkragter” genoem omdat hy glo aan sy slagoffers gesê het dit is sy verjaarsdag, en hulle uitgenooi het om sy verjaarsdag saam met hom by ‘n nabygeleë restaurant of kroeg te vier. Hy het hulle daarna genooi om, in ‘n metertaxi, sy suster of ‘n vriend in Hillbrow of Johannesburg se middestad te gaan haal, waarna hy hulle na ‘n hotelkamer gelok en verkrag het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trippie ·

Die berig lees regtig nie lekker nie, of ek is nie mooi “by” nie.

Hoe kan enige normale regdenkende mens (vrou) sommer net aanvaar dis reg om ‘n vreemdeling se verjaarsdag saam met hom te vier ? Wat nog te se die hotelkamer …

Jasper ·

Hy het nou genoeg verjaarsdae in die tronk waar ander ouens hom gaan besig hou. Mog hy so oud word daar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.