Verkeer herlei vir Bieber-konsert

Justin Bieber tydens sy konsert Woensdgaand in Kaapstad. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Verkeer rondom die FNB-stadion sal Sondag herlei word voor vanaand se Justin Bieber-konsert.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, sê die Soweto-hoofweg sal teen middagete heeltemal afgesluit wees. “Sestig persent van die ondersteuners is waarskynlik minderjariges so ons doen ʼn beroep op ouers om van die aflaai-sones op Landbouweg gebruik te maak.” Ouers kan ook Rand Show-weg as ingangspunt gebruik. Ondersteuners is gevra om van parkeer en ry fasiliteite gebruik te maak ten einde verkeersontwrigtings te verminder. Minnaar se parkeer en ry fasiliteite is van die Emerald Casino, Silverstar Casino, Menlyn-winkelsentrum, North Gate-winkelsentrum en East Rand Mall-winkelsentrum beskikbaar.

Die Sunday Times berig intussen dat Bieber se lyfwagte ʼn motor met ʼn ouer en tienermeisies voorgekeer het nadat die motor glo Bieber se motor van die lughawe af gevolg het. Die lyfwag het glo aan hulle gesê daar gaan moeilikheid wees indien hulle voortgaan om Bieber se konvooi van ses motors te agtervolg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.