Verkeer ontwrig deur vervoerstaking

Verkeer in die Johannesburgse middestad en omliggende gebiede sal Dinsdag ontwrig word weens ʼn staking deur lede van die vervoervakbond Satawu.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, sê die stakende werkers sal na verwagting om 10:00 by Pieter Roos Park in Parktown bymekaarkom. Van hier sal hulle na die kantoor van die Nasionale Bedingingsraad beweeg. Die optog sal na verwagting teen 14:00 by Parkstasie eindig. Minnaar sê metropolisiebeamptes sal die verkeer reguleer tydens die optog. Vincent Masoga, woordvoerder van Satawu, sê busbestuurders dring steeds aan op ʼn 13% loonverhoging en ander voordele. Die staking is reeds in sy derde week.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.