‘n Hospitaal in Brasilië sê ‘n pasiënt is nou altwee sy bene kwyt nadat dokters per ongeluk die verkeerde been geamputeer het.
“Dokters moes Vrydag Antonio Cesar Victorio, ‘n diabeet met nierversaking, se regterbeen verwyder, maar die linkerbeen is geamputeer,” het Marilda Santos, woordvoerder vir die Pedro Ernesto Universiteitshospitaal in Rio de Janeiro, gesê. “Toe die pasiënt se dogter aan die dokters sê hulle het die verkeerde been geamputeer, het hulle die regterbeen ook geamputeer.”
Sy sê die hospitaal probeer bepaal of dokters ‘n mediese fout begaan, en of hulle die linkerbeen verwyder het aangesien dit ook deur die siekte aangetas is.
Victorio se dogter het aan die O Globo-koerant gesê die familie beplan om die hospitaal te dagvaar.
Dis erg. Maar ten minste kan die man bly wees dit was nie n histerektomie nie.
Lol lag ek nou, ja dankie tog NIE ‘n histerektomie nie!!
Klink amper soos hier by ons, hy kan bly wees hy leef nog. Kan nie glo hulle maak sulke foute nie. Dit moet tog gemerk wees. Drs. is baie nalatig, ek sou die hospitaal/drs ook gedagvaar het.