Verkeerde lughawe: Vliegtuig gestrand

Die Dreamlifter-vliegtuig

Die Dreamlifter-vliegtuig

JONGSTE: Die vliegtuig het Donderdagmiddag suksesvol opgestyg. Klik hier om meer te lees.

‘n Reuse vragvliegtuig is op ‘n lughawe gestrand nadat dit op die verkeerde lughawe gaan land het waarvan die aanloopbaan te kort is om weer op te styg.

Die Boeing 747 Dreamlifter het, in plaas van op die McConnel-lughawe by Wichita in Kansas, op die kleiner Jabara-lughawe 15 kilometer van die bestemming gaan land. Die vliegtuig het by die John F. Kennedy Internasionale Lughawe in New York opgestyg.

Die Dreamlifter is wat volume betref, die grootste vragvliegtuig ter wêreld. Die een wat nou gestrand is, is egter nog groter gemaak, juis om Dreamliner-onderdele te kan vervoer. Die vliegtuig het ‘n aanloopbaan van byna drie kilometer lank nodig om op te styg, maar die lughawe waar hy nou staan, se aanloopbaan is minder as twee kilometer lank.

Ondersoek word nou ingestel na hoe so ‘n vergissing kon gebeur. Die lughawe is tydelik gesluit.

Om sake verder te bemoeilik, het Boeing ‘n sleepvoertuig na die lughawe gestuur om die vliegtuig te verskuif, maar dié het onderweg die gees gegee.

Die sleepvoertuig moet die vliegtuig op die aanloopbaan omdraai, maar selfs die jongste berigte meld dat niemand weet wat dan nie – die aanloopbaan is immers heeltemal te kort om weer op te styg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Rondom Lelik ·

Begin maar uitmekaar haal en vervoer na lughawe waar die aanloopbaan lank genoeg is. Al raad.

Jeanette Byrne ·

Hulle sal maar moet wag dat daar ‘n redelike sterk wind reg op die aanloopbaan waai….Dis die enigste manier om te kan opstyg met ‘n korter aanloop afstand…..

Willie ·

3 Keuses

1 Haal uit mekaar en bou hom oor by die ander lughawe
2 Gradeer die lughave op deur sy aanloop baan te verleng.
3 Maak parkeer hom daar en makk `n restaurant oop binne hom.

Maak nie saak watter opsie jy gaan neem nie dit gaan baie geld kos.

Gideon Erasmus ·

‘n Killometer teer kan tog seker nie so duur wees nie- kom kyk hoe word teerpaaie in SA gemaak na ‘n hoofman se huis iewers in grammadoelas!

Gideon Erasmus ·

‘n Killometer teer kan tog seker nie so duur wees nie- kom kyk hoe word teerpaaie en lughawens gemaak na staatsmanne se huise iewers in die grammadoelas!

Griet ·

Laai die vrag af en vervoer dit maar per pad.
Vul met net genoeg brandstof vir ‘n ±10 minute vlug.
Wag vir ‘n STERK wind van agter.
Styg op en bid vir die beste!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.