Verkeersbeampte doodgery

Foto: Werner Beukes/SAPA

Die polisie is op soek na ‘n bestuurder wat ‘n vroulike metropolisiebeampte Vrydag naby Mount Ayliff in die Oos-Kaap omgery het.

“Die voorval het gebeur toe die polisie en die verkeersdepartement Vrydagmiddag voertuie ondersoek het,” het kapt. Mlungisi Matidane, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. “’n Swart Volkswagen Polo het aangejaag gekom. Die motoris het nie gestop nie en die beampte omgery.” Hy sê die beampte is op pad hospitaal toe oorlede.

Die polisie is tans op soek na die bestuurder van die voertuig wat van strafbare manslag aangekla sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.