Verkeersbeampte en sekuriteitswag vas oor gesteelde klere

‘n Verkeersbeampte en ‘n sekuriteitswag is in Heidelberg in Gauteng vir diefstal in hegtenis geneem, het die polisie Vrydag gesê.

“Die twee vroue is Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle klere in Edgars gesteel het,” het konst. Mathews Tshabangu, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sekuriteitskameras het hulle betrap. Die beampte, in volle uniform, het die paskamer ingegaan en sy het met ‘n plastieksak vol klere uitgestap. Sy het daarna met die sekuriteitswag gesels. Sy is nie deursoek voordat sy uit die winkel uit is nie.”

Die gesteelde klere, wat nog die pryse aangehad het, is by die beampte se huis opgespoor.

“Die twee vroue sal binnekort in die Heidelberg-landdroshof verskyn,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.