Verkeersbeampte gee homself oor na moord op vrou, kinders

handcuffs3-320x257ʼn Bevelvoerende verkeersbeampte van Nelspruit, Mpumalanga het homself aan die polisie oorgegee in verband met die moord op sy twee kinders en sy vervreemde vrou.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê Joseph Ezekiel Selala (42) het homself Maandagoggend by die Siyabuswa-polisiestasie oorgegee. Hlathi sê die polisie soek sedert 7 Desember na Selala nadat sy twee kinders, onderskeidelik agt en 12 jaar oud, en sy 45-jarige vervreemde vrou vermoor is. ʼn Lasbrief vir sy inhegtenisname is na die moorde uitgereik. Selala word daarvan verdink dat hy sy twee kinders doodgeskiet het terwyl hulle geslaap het. Hy het glo hierna na sy vervreemde vrou se huis gery en haar ook doodgeskiet voor hy gevlug het. Selala sal Dinsdag in die Mdutjane-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Die vuilgoed ….. seker eers n paar Moz taxi voorgekeer vir borg geld, en nou gee hy homself oor. Laat jy vir jou kry !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.