Verkeersbeampte omgery deur motordief

Foto: Werner Beukes/SAPA

Foto: Werner Beukes/SAPA

ʼn Metropolisiebeampte is beseer nadat hy omgery is tydens ʼn stop-en-deursoek-operasie in Soweto, Johannesburg.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê die beampte het Saterdagaand gepoog om ʼn motor van die pad af te trek toe hy omgery is. Polisiebeamptes het die motor agternagesit en vier skote afgevuur. Die bestuurder van die motor het langs die pad gestop en te voet gevlug. Minnaar sê die motor is vroeër die maand in Parkview gesteel. Die verkeersbeampte is in die hospitaal opgeneem en die omvang van sy beserings is nog nie bekend nie. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

philip ·

Polisieamptenare kan hardloop nie. Onfiks. Geen strategie nie.

Eben ·

Moes hom dood gery het …. Spul gemors en onbevoegd vir hul werk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.