Verkeersbeampte skiet “dronk” drywer

ʼn Motoris wat glo onder die invloed van alkohol bestuur het, is deur ʼn metropolisiebeampte doodgeskiet nadat hy glo die beampte met ʼn mes gesteek het.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, sê die verkeersbeampte het die motoris se motor Saterdagoggend van die pad af getrek by die Okavango-afrit in Brackenfell, Kaapstad. Die verkeersbeampte het die motoris, Kyle Weideman (22), in hegtenis probeer neem vir beweerde dronkbestuur. Weideman het glo ʼn mes uitgeruk en die verkeersbeampte daarmee gesteek. Die verkeersbeampte het Weideman toe glo doodgeskiet. Die besonderhede rakende die arrestasie en skietvoorval word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Frikkie botes ·

Snaaks as dit n anderskleurige is word net gepraat van man, maar as dit blank is word n naam genoem.

Henerik ·

Waarvoor die man doodskiet. Hy kon hom in die voet gesiet het of enige ander plek. Hoop daar word baie vrae gevra oor die voorval.

Helizna Kilian ·

Ek haat die opspring venstertjies wat nou skielike orals hulle opduiking maak. Eers was dit op Media24 se webwerwe, en nou hierso. Haal dit asb. af, want dit is in die pad as ek wil lees. Dankie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Helizna,

Die opspringvenstertjie op Maroela is net ‘n tydelike stelsel om lesers, wat vir die eerste keer op Maroela se webwerf beland, ook bloot te stel aan ons ander portale. Die stelsel sal binnekort weet hoe om, wanneer jy een keer op die kruisie geklik het om die venstertjie toe te maak, nie weer op jou rekenaar oop te maak nie.

Dankie vir jou geduld ondersteuning!
Groetnis,
Maroela

Anne ·

Net nog ‘n blanke wat deel raak van die statistiek. Glo my, daardie verkeersman sal niks oorkom nie. Inteendeel, hy kan dalk in die ry staan vir ‘n medalje.

Wonner Net ·

Wonder net hoe die kommentators die ras van die slagoffer weet. Al wat ons weet is sy naam en onmiddelik word rassistiese gevolgtrekkings gemaak. As hy bereid was om ‘n geregsdienaar se lewe in gevaar te stel, het hy heelwaarskynlik gekry wat hom toekom (ongeag van sy velkleur). Jammer as ek verskriklik onsensitief klink, maar ek het geen simpatie met die wetteloosheid wat deesdae hoogdy vier nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.