Verkeersbeampte sterf na tref-en-trap

iStock_000015602916XSmall91-320x212ʼn Verkeersbeampte is Sondag in Durban, KwaZulu-Natal dood nadat sy deur ʼn motor omgery is terwyl sy dit van die pad wou aftrek.

Kwanele Ncalane, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, sê die voorval het op die N2 naby die Spaghetti-aansluiting plaasgevind. Ncalane sê Thuli Nhlengethwa (35) het ʼn silwer Audi van die pad probeer aftrek toe sy doodgery is. “Die voertuig het teen 141km/h gery.” Hy sê die ander verkeersbeamptes het die motor agternagesit. Die bestuurder van die Audi het langs die pad gestop en weggehardloop. Hy is steeds soek. Dit is intussen vasgestel dat die voertuig vroeër in Roodepoort gesteel is. Willies Mchunu, LUR vir vervoer, sê hy is geskok deur die voorval. “Ek is hartseer oor die ontydige dood van so ʼn jong en toegewyde beampte terwyl sy aan diens was. Die polisie sal nie rus voor die krimineel aangekeer is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Daar is groot deernis met die oorledene wat deur ‘n boef met ‘n gesteelde motor doodgery is. Hoop maar die Owerhede word geaktiveer deur hierdie sinnelose daad.

Die hele gebeure wys maar net weer op die permisiwiteit wat daar reeds by die mense ontstaan het – geen dissipline, ongeërdheid en dergelike wat die gevolg is van algemene swak en ontoereikende wetstoepassing – dit kan direk voor die deur van die regering gelë word omdat hulle soveel “sondes” eenvoudig toelaat en oorsien.

Let maar op die gebeure van die afgelope dae in skole waar onderwysers aangerand en self geskiet is – alles die “verdraagsaamheid” van die Owerhede wie nie werklik daadwerklik wil optree nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.