Verkeersligoortreders in Kaapstad

Meer as 80 motoriste word daagliks in Kaapstad beboet omdat hulle rooi verkeersligte verontagsaam.

Meer as 30 000 boetes uit sowat 1.5 miljoen boetes vir verkeersoortredings is in die afgelope jaar vir rooi verkeersligoortredings uitgereik, het die Cape Times Woensdag berig. André Nel, adjunkhoof van verkeer, het gesê die stad kan nie meer kameras installeer nie, aangesien die howe nie oor die kapasiteit beskik om bykomende oortredings te vervolg nie.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê die stad is bereid om R1.9 miljoen per jaar te betaal om salarisse van ekstra landdroste en vervolgers by 11 verkeershowe te finansier. “Die stad het voorsiening gemaak vir 100 kameras om hoofsaaklik by hoërisiko-kruisings opgerig te word. Hierdie kameras dien ‘n dubbele doel deur rooiverkeersligoortredings en spoedoortredings op te neem,” het Smith gesê. Naas dronkbestuur, is spoed- en verkeersligoortredings die tweede grootste oorsaak van ongelukke en padsterftes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.