Verkeersoortreders help dalk in lykshuise

Foto: Werner Beukes/SAPA

ʼn Voorgestelde wetsontwerp kan moontlik tot gevolg hê dat verkeersoortreders gemeenskapsdiens verrig in lykshuise of trauma-eenhede in hospitale.

The Saturday Star berig dat die wysiging aan die Wet op Administratiewe Verrigting van Padverkeermisdrywe ook ten doel het om rehabilitasie vir gewoonte oortreders verpligtend te maak. Volgens die berig sal dié maatreëls in Johannesburg en Pretoria geloods word. Die wetsontwerp sal ook tot gevolg hê dat gewoonte oortreders hul bestuurslisensie weer sal moet aflê en dat die Padverkeersoortredingsagentskap meer mag sal hê. Japh Chuwe, registrateur van die agentskap, sê die veranderinge het ten doel om “skreiende skuiwergate” in die bestaande wetgewing toe te maak. “Dit is nie iets wat in die kort termyn haalbaar is nie, maar ons glo dat deur mense tot gemeenskapsdiens by lykshuise en hospitale op staatskoste te vonnis, hul gewoontes kan verander,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.