Verkeersowerhede gebruik huurmotors

Die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) moes verlede maand voertuie huur om seker te maak dat verkeersowerhede hul werk kan doen en om sigbaarheid te vermeerder.

Die RTMC huur glo tans 40 voertuie wat nie behoorlik toegerus is vir beamptes om hul werk na wense te verrig nie, berig The Star.

Ashref Ismail, woordvoerder van die RTMC, sê die helfte van dié voertuie, teen R235 ʼn dag, word deur Avis geborg.

ʼn Anonieme bron het aan die koerant gesê beamptes sukkel om hul werk na behore te doen want die voertuie is nie met blou ligte gemerk nie, dit het nie sirenes nie, kameras wat nommerplate herken of tweerigtingradio’s nie.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.