Verkeersvolume baie hoog op N1, N3

Die verkeersvolume was Maandag op die N1- en N3-snelweë tussen Bloemfontein, Johannesburg en Harrismith hoër as gewoonlik, het die Road Traffic Management Corporation (RTMC) gesê.

Woordvoerder Ashref Ismail meen dit is weens die ANC se eeufeesvieringe die afgelope naweek in Bloemfontein. “Talle het besluit om te oornag en vanoggend terug te ry.” Bykans 1 000 voertuie per uur is deur die tolhekke op die N1 en 1 050 voertuie per uur op die N3, sê Ismail. Die voertuie was oorwegend busse en minibustaxi’s. Drie tolhekke op die N3 is egter deur die staking beïnvloed. Gebeurlikheidsplanne is in plek, het hy gesê. “Voertuie gaan deur en alles loop glad. Daar is nie iets om oor bekommerd te wees nie, en mense hoef nie alternatiewe roetes te volg nie.” Ismail sê die verkeersvolume behoort Maandag ná middagete af te neem, aangesien meeste mense dan reeds hul eindbestemmings sou bereik het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.