President Jacob Zuma het Vrydag aankondig dat hy Dinsdag die proklamasie vir die verkiesingsdatum van 7 Mei 2014 sal onderteken.
“Die verkiesingsdatum sal dan amptelik in die Staatskoerant gepubliseer word en Suid-Afrikaners sal ná Dinsdag nie meer vir vanjaar se verkiesing kan registreer nie,” het Mac Maharaj, woordvoerder vir die presidensie, in ʼn verklaring gesê.
Kragtens artikel 2A van die Wet op Openbare Vakansiedae sal 7 Mei 2014 landswyd ʼn openbare vakansiedag wees.
Dankie dat dit n vakansie dag is want ons sit met n probleem ons werkgewer wil he ons met werk op 7 Mei 2014! Wil graag stem op daardie dag!