Verklaar onderwys ‘n noodsaaklike diens, sê ANC

Die ANC wil onderwys tot ʼn noodsaaklike diens verklaar ten einde te verhoed dat onderwysers mag staak.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Maandag die aankondiging aan verslaggewers in Johannesburg gemaak na die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) hierop besluit het tydens hulle lekgotla. “As jy onderwys ontwrig stel jy nie iemand se lewe in gevaar nie maar jy bedreig wel die groei en oorlewing van die samelewing.” Die besluit deur die ANC is egter wyd gekritiseer aangesien die algemeen aanvaarde definisie van ’n noodsaaklike diens behels dat iemand se lewe in gevaar kan wees indien diens nie gelewer word nie. Verpleegsters en brandweerpersoneel is van die groepe wat om die rede nie aan stakings mag deelneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.