Verkoolde lyk is dié van Teazers-baas se prokureur

Die polisie in Gauteng het bevestig dat die verkoolde lyk wat verlede maand in Hekpoort naby Krugersdorp gevind is, dié is van Lolly Jackson se vermoorde prokureur, Ian Jordaan.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. Lungelo Dlamini, sê forensies verslae het die week bevestig dat dit Jordaan se lyk is wat bo-op sy uitgebrande bakkie gevind is. Jordaan is na bewering op 20 September ontvoer en moes na bewering nagenoeg R1,8 miljoen betaal. Jordaan was betrokke by Jackson se boedel nadat hy (Jackson) in Mei verlede jaar vermoor is. Jordaan se verkoolde lyk is die volgende dag gevind. Sy tande is ook uitgehaal. Die polisie het sowat twee weke gelede die lyk van Jackson se voormalige sakevennoot, Mark Andrews, langs die R59 in Brackendowns in Alberton gevind. Hy is in die kop geskiet en sy hande is agter sy rug vasgemaak. Andrews was na bewering ʼn verdagte in die moord op Jordaan. Dlamini se die polisie ondersoeke na albei gevalle duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.