Verkoolde lyk moontlik die van vermiste man

ʼn Verkoolde lyk wat Donderdagoggend in ʼn uitgebrande bakkie in die veld by die Blesbokspruit-natuurreservaat buite Springs gevind is, is moontlik die van ʼn man wat Woensdag as vermis aangegee is.

Beeld berig dat die man laatmiddag sy tuinier weggeneem het en nooit weer teruggekeer het nie. ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Johannes Ramphora, sê ʼn vrou van Selcourt het Woensdagmiddag haar man as vermis aangemeld. Die vermiste man se bakkie is tydens ʼn soektog na hom uit ʼn polisiehelikopter gesien. Die onherkenbaar verkoolde lyk is agter die stuurwiel gevind. Die polisie het na die bakkie begin soek nadat daar vermoed is dat die man moontlik in ʼn kaping was. Die polisie vermoed dat dit die vermiste man is, maar weens die toestand van die lyk kon dit nog nie bevestig word nie.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.