Verkoolde oorskot dié van metrobeampte

Die verkoolde oorskot wat verlede week in die kattebak van ʼn wit Hyundai Getz in ʼn oop veld langs Zamezirylaan gevind is, is dié van ʼn metropolisiebeampte wat vroeër as vermis aangegee is.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. Katlego Mogale, sê DNS-toetse het bevestig dat dit die liggaam is van Claudia Rapodi. Mogale sê Rapodi is ʼn paar dae voor haar dood as vermis aangemeld. Die polisie kon egter nie bevestig of die uitgebrande motor aan Rapodi behoort het nie. Rapodi se erg verkoolde oorskot is verlede Woensdagaand omstreeks nege uur gevind. Lede van die gemeenskap het gesien hoe die kar van die pad af gery het voordat dit ontplof het. ‘n Moorddossier is geopen, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.