Verkrag glo terwyl hy op parool is

‘n Veroordeelde verkragter is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 92-jarige verkrag het terwyl hy op parool was.

Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, sê die man het glo Sondag by die 92-jarige vrou se huis in Mmauka in Noordwes ingebreek waarna hy haar glo vir drie ure herhaaldelik verkrag het. Ngubane sê die vrou se kleinseun het die man gesien toe hy Sondag gevlug het en kon hy ʼn beskrywing aan die polisie gee. Hy is vroeër vandag by sy huis in hegtenis geneem. Ngubane sê die 29-jarige man is in 2010 op parool vrygelaat nadat hy glo ʼn vrou in 2006 verkrag het. Daar was ook reeds in Augustus verlede jaar ʼn lasbrief vir die man se inhegtenisname uitgereik nadat hy glo ʼn vrou probeer verkrag het. Ngubane sê die man was sedertdien soek. Ngubane sê die man sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van verkragting en poging van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.