Verkragte baba van Ceres sterk aan

ʼn Vier maandeoue baba sterk in die hospitaal aan nadat sy ʼn vierde operasie moes ondergaan sedert sy in Ceres in die Wes-Kaap verkrag is.

“Ons is dankbaar om te hoor dat sy stadigaan verbeter,” het Nosipho Ntwanambi, woordvoerder vir die ANC-vroueliga, gesê. Die baba moes rekonstruktiewe sjirurgie ondergaan. “Die verkragting van hierdie kinders is ʼn teleurstelling, gruwelik en onmenslik en moet meedoënloos en onophoudelik deur almal in die samelewing veroordeel word.”

Die baba het op 3 Augustus saam met haar ouers in hul bed geslaap toe ʼn man haar gegryp en verkrag het. ʼn Sewejarige seun is in dieselfde huis verkrag.

Die polisie het aanvanklik ʼn 32-jarige man ondervra, maar hy is vrygelaat.

Die ANC-vroueliga doen ʼn beroep op die polisie om al hul hulpbronne in te span om die verantwoordelike persoon in hegtenis te neem. Ntwanambi sê die liga sal steeds betogings organiseer om te versoek dat mans, wat seksuele oortredings begaan, uit die samelewing verwyder moet word.

Lees ook:
Ceres-kinderverkragtings: Verdagte ondervra
Babadogtertjie, boetie verkrag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nadia Maritz ·

Mag die siek maniak spoedig gevang word. Nie om tronk toe gestuur te word nie!!!.

Maak hom kaalgat aan ‘n paal vas en laat die gemeenskap hom stadig en pynlik stenig totdat hy sy laaste asem uitblaas. Waarom die doodstraf nie terug gebring word nie, sal ek nooit kan verstaan nie.

Wonder wat diegene wat die besluite neem tov die doodstraf sal doen as so ‘n onmenslike daad aan een van hulle familie lede gedoen word!!!!!

Dit is die enigste manier hoe hierdie siek bliksems gaan ophou verkrag en moor!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Peter Bezuidenhout ·

Nadia,jy is so reg…n oog vir n oog.Sterkte word hierdie kindertjies en die ouers toegewens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.