Verkragte Noorweegse vrou kry tronkstraf in Dubai

Marte Dalelv

‘n Noorweegse sakevrou wat tydens ‘n sakereis na Dubai verkrag is, is 16 maande gevangenisstraf opgelê weens seks buite die huwelik.

Sy is ook aan die drink van alkohol en meineed skuldig bevind, berig ANP. Die vrou, Marte Dalelv (24), geniet gedeeltelike vryheid hangende ʼn appèl nadat die Noorweegse regering ingegryp het. Sy woon nou in ‘n Noorweegse seemansentrum in Dubai tot die appèl aangehoor word. Noorweë het die voorval as “problematies vir menseregte” beskryf.

Die verkragter is ook aan seks buite die huwelik en die drink van alkohol skuldig bevind en vir 13 maande tronk toe gestuur. In Dubai kan ‘n man slegs aan verkragting skuldig bevind word indien hy self skuld erken, of vier manlike getuies die verkragting bevestig. In 2008 is ‘n Australiese vrou in Dubai tot agt maande tronkstraf gevonnis nadat sy deur drie mans verkrag is. ‘n Britse paartjie is ‘n maand lank tronk toe gestuur nadat hulle mekaar in ‘n restourant gesoen het terwyl ‘n ander Britse paartjie tot drie maande tronkstraf gevonnis is nadat hulle glo op die strand seks gehad het – iets wat hulle verbete ontken het.

NUUT: Die vrou is intussen vrygespreek en vrygelaat. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Flash ·

Ek dink dit is hoog tyd dat Amerika of iemand met mag oorlog verklaar teen die spul idiote wat ‘n verkragte vrou veroordeel. Hang hulle almal voor die voet. Die vuilgoedse se wetters!
As dit met my lieflike dogter gebeur gaan soek ek die verkragter en die sogenaamde regter en ontman beide.
Dan hang ek hulle in die openbaar op.

Sandra Kemp ·

DIS ABSOLUUT SKRIKWEKKEND!!!!!!!!!! sy het nie toestemming gegee nie!!!!!! Dubai moet iets aan hulle vroueregte doen! Ek wou daar gaan vakansie hou maar sal beslis nie nou meer gaan nie.

Marietjie van der Merwe ·

Vroueregte in Dubai?? Dis die grap van die eeu. Vroue HET geen regte in daardie lande nie. Bly weg.

amy ·

Ek stem Marietjie. Dit is siek!!! En al is sy intussen vrygelaat, sê dit nog steeds veel van vroueregte in Dubai. Nou moet haar verkragter net aangekla word. Dit is glo ‘n kollega.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.