“Verkragter” gee homself oor aan polisie

ʼn Beweerde verkragter het homself aan die Oos-Kaapse polisie oorgegee nadat inwoners van Dutywa glo “agter hom aan was”.

“Die 25-jarige man het glo ʼn 70-jarige vrou Saterdag in die gebied verkrag,” het maj Ernest Sigobe, woordvoerder van die polisie, gesê. Die man word deur die polisie aangehou en sal binnekort op ʼn aanklag van verkragting in die hof verskyn. “Gemeenskapslede word aangeraai om voorvalle van hierdie aard by die polisie aan te meld en om nie die reg in eie hande te neem nie, aangesien dit die saak kan benaadel,” het Sigobe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.