ʼn Man (33) is Dinsdag in Dobsonville in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 14-jarige dogter wou verkrag, het ao. Kay Makhubela gesê.
“Die man het glo die dogter na sy huis geroep om haar na ʼn snoepie toe te stuur, maar toe sy terugkom het hy haar gegryp en in die huis in forseer en haar klere uitgetrek,” het Makhubela gesê. “Toe hy egter besig was om homself uit te trek het die meisie hom op sy geslagsdele geskop en sy kon toe weghardloop.” Sy is reguit polisiestasie toe en het die saak aangemeld. Die polisie het man in sy huis gekry en hom in hegtenis geneem. Die man sal Donderdag in die landdroshof in Roodepoort verskyn.