Verkragter kry lewenslank

prison barsDie hooggeregshof in Bloemfontein het Marisela Letlatsa Mochali tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir verkragting, huisbraak en roof.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Mochali (32) van Lesotho het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom. Mochali is skuldig bevind op 12 aanklagte van verkragting, agt van huisbraak, twee van roof met verswarende omstandighede en ʼn klag van diefstal. Die misdade is tussen November 2011 en Februarie 2012 in Bloemfontein gepleeg. Mochali is tot lewenslange tronkstraf gevonnis op een van die verkragtingsaanklagte. “Mochali het ook tussen 15 en 20 jaar tronkstraf gekry op elk van die ander verkragtingsaanklagte. Die regter het hom verder tot 20 jaar tronkstraf gevonnis op elke aanklagte van huisbraak, 15 jaar vir elke aanklagte van roof met verswarende omstandighede en vyf jaar vir diefstal.” Shuping sê die vonnisse sal gelyklopend met die lewenslange tronkstraf uitgedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Henko ·

Is lewenslank in vandag se lewe lank genoeg vir verkragters en moordenaars? Nee! Hierdie tipes rehabiliteer net nooit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.