Verkragter op parool op heterdaad betrap

Argieffoto

ʼn Verkragter wat op parool vrygelaat is, is Dinsdagmiddag op heterdaad betrap waar hy besig was om ʼn 15-jarige in Jabulani, Soweto, te verkrag.

“Die dogter was oppad terug huis toe van die skool af. Die 30-jarige man het haar glo na ʼn nabygeleë opgaartenk geneem en haar ʼn paar keer verkrag,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Van die inwoners het hom gesien en hulle het die polisie ontbied. Hy is aangekeer.”

Die polisie het bevestig hy was op parool vrygelaat nadat hy vroeër tot nege jaar tronkstraf gevonnis is vir ʼn vorige verkragting. Hy sal Vrydag in die Protea-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trudie ·

Dit is wat my so die bliksem (askuus my taal, maar dit maak mens woedend) maak. Plaas dat hulle die ding vrek geskiet het, vergoed uit die sameleweing uit. Hy het defnitief nie sy 9 jaar gesit nie. Vuilgoed, ek hoop hy kry nou lewenslank. Maar wie lei daaronder. Ons wat belasting moet betaal vir al die skurmunkels wat in die tronke sit en die doodstraf kry nie.

Gawie Botha ·

Al manier hoe hierdie probleme opgelos kan word,en hjierdie weghol trein in Suid Afrika te stop,is om regstellende Aksie AF TE SKAF!!

Piet ·

Sny daai ding wat hom pla met ‘n stomp hoepel af,maak hom in die son vas sodat die vliee mooi kan nes maak en laat hom stadig vrek !

Berita Drescher ·

Die verdomde pes moet hang en klaar……wanneer gaan hierdie “so called” “goewerment” wakker skrik en die verdiende straf – die DOODSTRAF herinstel…..dalk sal ons dan eers erens kom met hierdie euwel van n plaag!

Beatrice Avemaria ·

Wanneer gaan ding verander? Meer mense se lewens word verwoes deur kriminele en die regeering draai hulle koppe weg. So gaan geen probleem opgelos word nie!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.