‘Verkragter’ raak op die bed aan die slaap

Die vermeende verkragter van ʼn 82-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat hy op haar bed aan die slaap geraak het.

“Inwoners van Xilinxa in Ngqamakwe in die Oos-Kaap het die polisie ontbied toe hulle die 42-jarige man Maandag in die vroeë oggendure op die vrou se bed aangetref het,” het kaptein Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. Die man is in hegtenis geneem.

Die vrou het glo wakker geword toe ʼn man haar slaapkamerdeur omstreeks 23:00 Sondagaand oopgemaak het. Hy het haar met ʼn mes gedreig en haar glo verkrag voordat hy aan die slaap geraak het. Die vrou het die man net daar gelaat en om hulp gaan aanklop by haar seun, wat in ʼn ander vertrek geslaap het. “Haar seun het lede van die gemeenskap ontbied wat toe die polisie in kennis gestel het,” het Manatha gesê.

Die man, wat glo ʼn vriend van die vrou se seun is, is in hegtenis geneem en word by die Ngqamakwe-polisiestasie aangehou. Hy sal na verwagting Woensdag op aanklag van verkragting in die landdroshof in Ngqamakwe verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tante Afrikana ·

Hell’s bells – een van die dae sal mens seker nog vir die wetter ‘n maaltyd moet voorsit wanneer hy jou klaar verkrag het…..nee alla kragtie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.