Verkragters kla oor vonnis, kry lewenslank

Argieffoto.

Twee reeksverkragters wat teen hul vonnis van 20 jaar tronkstraf appelleer het, is daarna tot lewenslange tronkstraf gevonnis, het Beeld Dinsdag berig.

Die hooggeregshof in Pretoria het bevind dat die vonnisse wat die landdros die reeksverkragters in 2012 opgelê het, te lig was.

Tydens die onlangse appèlverhoor het regter Jan Hiemstra gesê hy kry die indruk dat die landdros die twee se saak as “net nog ʼn doodgewone saak” hanteer het.

Samuel Lucky Msimanga, Samkele Welcome Sibeko en twee ander beskuldigdes is verlede jaar in die Springs-streekshof gevonnis vir onder andere die verkragting van ʼn 24-jarige vrou.

Msimanga en Sibeko het skuldig gepleit en teen hul vonnis appelleer. Die landdros het elkeen tot 20 jaar tronkstraf gevonnis en gesê daar is faktore wat ʼn ligter vonnis regverdig. Dié faktore was dat die twee mans skuldig gepleit het en dat hulle alkohol gebruik het, alhoewel hulle nie dronk was toe hulle die misdaad gepleeg het nie.

Hiemstra het gesê die twee het slegs skuldig gepleit omdat hulle geweet het hul saak is hopeloos as gevolg van genoegsame bewyse teen hulle.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Trippie ·

Mensig, mag ek skree “LEKKER MAN, LEKKER” !!!!

JULLE VERDIEN OM GEHANG TE WORD !!!!

U VERDIEN STAANDE APPLOUS !

Willy ·

Baie mooi Regter Hiemstra dat u die belangrikheid ingesien het om hierdie euwel uit die samelewing vir altyd te verwyder.
Ek hoop hulle vrek gou dan hoef ons, die belastingbetalers nie vir ook te versorg nie.
So bly hulle het gaan kla, sal ek sê demand. Ek kry so lekker!

Amy ·

Good for them!!! En met name soos LUCKY en WELCOME, hoop ek hulle gaan baie WELKOM in die tronk voel en ‘GELUKKIGE tye daar deurbring.’

G@TVOL ·

Ja nee kyk, ek glo dat dit wat jy aan ander doen net erger sal terug kom na jou toe. Mag daai mane se poepole verskeer word, terwyl dit gebeur moet hulle dink aan wat daai arme meisie moes gevoel het, Die Vkn Blikskims

JAVR ·

Iemand moet probeer om ‘n sambreel in hulle holle oop te maak! Dit sal opmaak vir wat hulle gedoen het die skuim! Weddenskap dat die vorige regter non reflectant was?

MITZ MALAN ·

Die landdros wat bevind het dat daar sogenaamde faktore is wat ‘n ligter vonnis regverdig moet weer ‘n keer mooi gaan sit dink. Geen man, en ek is een, sal ooit kan besef hoe uiters vernederend dit vir ‘n vrou moet wees om gedwing te word tot vieslike seks met gemors van die samelewing nie! Regter Hiemstra, jy verdien duisende goue medaljes!!

Melissa ·

Dankie tog!!!! En flippen lekker, kry vir hulle!!! So bly dit het by iemand uitgekom wat sy werk behoorlik doen!! Ek het nie woorde vir die mens wat alcohol gebruik en omdat hulle skuldig gepleit het as versagtende omstandigehede sien nie, goeie wetter!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.